#PLAASAANVAL  –  Twee Bejaardes In Aliwal-Noord – Oos-Kaap Aangeval.

3Feb - by Don Deon - 0 - In Africa crime Farm murders Genocide

Hierdie plaasaanval het weer helder oordag plaasgevind.

Oom Kotjie Conradie en sy vrou is vandag om ongeveer 15h00 oorval  toe hulle van die dorp af op hulle plaas stilgehou het.   Die twee oumense boer in Aliwal Noord Distrikin die Oos-Kaap en hy en sy vrou woon alleen en is al by die 80 jaar oud.

Hulle is deur drie skurke aangerand en van hulle voertuig, 2 vuurwapens en nog ander goedere beroof.

Hulle is beseer en erg getraumatiseer, maar hulle toestand is redelik.

Die bakkie is nie ver van die plaasopstal langs die pad in die rigting van Aliwal Noord gevind.

Bure van die egpaar is steeds op soek na die skurke. Blybaar het hulle met ‘n voertuig na die plaas gegaan.

Daar was drie skurke en hulle het almal klapmusse gedra.  Twee van hulle is kort en die een lank van gestalte.

Polisie volg leidrade op.

Waterberg Veiligheid

 

No automatic alt text available.